Sport
Luke vir Tuks teen Naka Bulle
Middelburgers het hul merk in Pretoriase rugby gemaak, met drie spelers wat vir Tukkies en Naka Bulle in aksie was.
Dit wemel van Middelburgers in Pretoriase rugbyspanne.
Nie net het Ben Jansen van Vuuren Tukkies gehelp om die Carltonbeker te wen nie, maar Hanru Terblanche en Marinus Oberholzer het Naka Bulle ook gehelp om die o. 20-trofee in te palm nadat hulle Tukkies met 22-21 geklop het.
Maar daar was nog ’n Middelburger in aksie.
Luke Geldenhuys, wat in 2023 ’n groot gunsteling was met sy stormlopies vir Hoërskool Middelburg, het Tukkies se tweede span teen Naka Bulle verteenwoordig.
Tuks het ongelukkig die wedstryd verloor.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
