News

Hannes Joubert was ware staatmaker by rugbyklub

Wanneer die Witbank Rugbyklub keurders die name van die senior reserwe span in die sewentiger- en tagtigerjare neergeskryf het, was die eerste naam sekerlik Hannes Joubert.

Joubert was ’n stil reus maar ’n ware klubman en lojale speler.

Hy het natuurlik ook in die skadu gespeel van die twee Suidoos-Transvaal slotte, Vleis van Zyl en Bertus van Eeden.

Nadat hy ’n tyd lank met sy hart gesukkel het, is hy op 17 Augustus skielik oorlede.

Sy dankdiens het Maandag uit die Klipkerk op Witbank plaasgevind.

Sy kleindogter, Chantal Viljoen, het ’n roerende gedig voorgelees by die diens, wat deur verskeie van sy oud spanmaats van Witbank Rugbyklub bygewoon is. Onder hulle was Jan Short, Christie Harris, Gert la Grange, Tonie van Tonder, Bertus van Eeden, Adri Prinsloo, Fanie Vermaak en Dirk Meyer.

Tobie van den Bergh, wat destyds verskeie berigte namens die Witbank Nuus oor Joubert geskryf het, het ook die diens bygewoon.

Oudspelers van Witbank Rugbyklub saam met Tobie van den Bergh (heel regs) wat vir die Witbank Nuus gewerk het in die sewentigerjare. Dirk Meyer, Tonie van Tonder, Bertus van Eeden, Fanie Vermaak, Gert la Grange, Jan Short, en voor staan Christie Harris en Adri Prinsloo.
Oudspelers van Witbank Rugbyklub saam met Tobie van den Bergh (heel regs) wat vir die Witbank Nuus gewerk het in die sewentigerjare. Dirk Meyer, Tonie van Tonder, Bertus van Eeden, Fanie Vermaak, Gert la Grange, Jan Short, en voor staan Christie Harris en Adri Prinsloo.

La Grange, wat op losskakel vir Witbank Rugbyklub en Suidoos-Transvaal uitgedraf het, het gesê dat Joubert vir die klub gespeel het in die jare toe rugby nog een groot familie was, waar die spelers se kinders langs die rugbyveld grootgeword het.

Hy hou die oudspelers bymekaar met gereelde besoeke aan spelers wat siek of in nood is en samekomste soos verlede week se kuier by Dirk Meyer.

•Joubert het, nadat hy ophou rugby speel het, sewe Comrades marathonne voltooi.

•Hy laat sy vrou Christine en kinders en kleinkinders agter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button