Observer Daller

Loskopvallei se damme bly propvol

Die jongste damvlakke toon dat Loskopdam en Flag Boshielo-dam steeds propvol is.

Die damme in die Loskopvallei bly propvol ná goeie reënval oor groot dele van die streek.

Volgens die jongste damvlakke, wat 15 Mei gemeet is, staan die Loskopdam tans op 101,5%, terwyl die Flag Boshielo-dam op 104,8% gemeet is.

Verskeie ander damme in die omgewing toon ook sterk watervlakke en bly naby aan of bo die 100%-merk.

Die Middelburgdam staan tans op 100,36%, die Witbankdam op 98,5%, die Buffelskloofdam op 100,6%, die Blyderivierpoortdam op 101,1%, die Nooitgedachtdam op 99,61% en die De Hoopdam op 100,7%.

Die hoë damvlakke volg ná ’n nat somerseisoen wat oor groot dele van Mpumalanga en Limpopo ervaar is.

Motoriste en besoekers aan damgebiede word steeds gemaan om versigtig te wees, aangesien hoë watervlakke en nat toestande in sommige gebiede voorkom.

Lees ook: Padwerke begin op N11 by Loskopdam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button