Al die Middelburgers wat die verjaardagpartytjie bygewoon het.
Die joviale Esterhuizen was eers in die koerantwese en sou ’n koerant op Middelburg begin, toe hy in die restaurantbedryf beland en die gewilde ChuckWagon restaurant begin het.
Hy het landwyd bekend geword as die ”Second hand cow dealer” en die hoenderlewertjies wat hy gratis voorgesit het.
Die restaurant is later aangevul met twee ou treinwaens wat swierig ingewy is.
Danie Esterhuizen se sukses het hy toegeskryf aan ’n bladsy drie advertensie wat hy elke week in die Middelburg Observer gepubliseer het.
ChuckWagon vier sy vyfde verjaardag.
ChuckWagon was bekend vir sy spitsvondige advertensies.
Christiaan Esterhuizen wat vir sy pa ’n verrassingspartytjie gereël het om sy sewentigste verjaardag te vier, saam met Tobie van den Bergh en Marina en Danie Esterhuizen.
Marina Esterhuizen saam met haar man, die legendariese Danie Esterhuizen.
ChuckWagon het na Witbank en Kempton Park uitgebrei, die restaurant wat hy tot sy aftrede bedryf het.
Die partytjie is bygewoon deur verskeie oudwerknemers en kliënte, asook vriende van die Middelburg ChuckWagon.
•Lesers van www.mobserver.co.za wat staaltjies oor Danie en sy duisende grappe en stories met ons wil deel kan dit stuur aan tobie@mobserver.co.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.