News

Video wys hoe trok rooi lig ignoreer

Videomateriaal uit die kajuit van Oosthuizen’s Vervoer, wys presies die oomblikke voor ’n ongeluk, waarin ’n voertuig vasgedruk is tussen twee trokke op die hoek van Sondagsrivier en Mandela rylaan.

Via die videomateriaal kan ’n mens duidelik sien dat die bestuurder van die Oosthuizens vervoertrok by die rooi verkeerslig stop en ’n paar sekondes stilstaan.

Die volgende oomblik ry die Nissan UD-trok oor die rooi verkeerslig.

In die daaropvolgende gebeure het die trok in ’n Camm Trans bussie vasgery, uitgeswaai en ’n Peugeot voertuig, wat ook stil gestaan het by die verkeerslig om regs te draai, getref. Die Nissan trok het ook in die Oosthuizens trokwaens vasgery.

Die ongeluk het verlede Woensdag kort voor 20:00 plaasgevind en omstanders kon nie glo dat niemand ernstig beseer is nie.

Een van die trokwiele het bo-op die Peugeot van mnr. Donovan Theron (werknemer van OH Frewin) tot stilstand gekom.

Hy het gesê dat hy op pad was Middelburg Mall toe en by die verkeerslig gestop het. ’n Trok het oor die rooi verkeerslig gery, sy voertuig getref en hom teen die ander trok vasgedruk.

Girl (17) arrested ‘for killing boyfriend’

Man dood, ma en kind ernstig beseer na Toyota-botsing op N4

Gemeenskapsvergadering vir Kanonkop kiesers’n belangrike een

Video: Miljoene lieters water verlore met pyp wat bars

Video: Voetuig tussen trokke vasgedruk

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button