News

Dit reën gholfballe in Leipoldtstraat

Gholfspelers sal mnr. Paul du Plessis se balversameling beny, hoewel hy voel soos Tiger Woods se eks oor die sport. Die spel het hom al gedryf om 'n prokureur te nader, weens gebreekte dakteëls, gebreekte ruite, en die vrees dat een van sy kleinkinders dalk doodgeslaan kan word.

“Ons kan nie eens by ons eetkamertafel sit nie, uit vrees dat ‘n gholfbal ons kan tref,” sê me. Annatjie du Plessis, wat vrou alleen al gholfers op die buiteklub se dryfhoubaan gaan konfronteer het.

Sedert hulle vier jaar gelede in hul Leipoldtstraat huis ingetrek het, het hulle honderde gholfballe in die tuin, op die dak en selfs in hul swembad gevind.

As mens die balle van die bure bytel, kantel die skaal in die duisende en, van langsaan tot agter die Du Plessis egpaar se huis, staan die bure vierkantig agter hulle om die probleem stopgesit te kry.

Daar was al afgevaardigdes van die gholfklub se direksie by hulle om ondersoek in te stel, maar tot hede is niks gedoen nie.

“Dis eenvoudig, swaai net die afslaanpunt ‘n paar grade en die gholfballe land waar hulle moet,” sê mnr. Du Plessis.
Buurman, mnr. Ettienne van Zyl sê hy het Woensdag vyf balle in sy erf opgetel, en moet nou ‘n buitelig vervang wat deur een van die balle flenters geslaan is.

Mnr. Van Zyl moes die week ook twee gholfballe uit sy swembad vis. ‘n Buurvrou, wat anoniem wil bly, sê oor sewe jaar het hulle al oor die 800 balle in hul erf opgetel.

“Ons het een ruit verloor en ons kar is al getref!”

Nog ‘n buurman, mnr. Burt Meyer, sê hyself het al ver oor die 100 balle in sy erf opgetel, en dat hy vermoed die huise aspris deur gholfspelers geteiken word.

Buiteklub bestuurder, mnr. Johan Holscher stem saam dat daar moontlik met opset na die huise gemik word.

Die buiteklub se bestuurskomitee het op 11 Oktober vergader en mnr. Tom Brown, voorsitter van die rolbalklub, aangestel om ondersoek te doen en ‘n verslag saam te stel.

“Die dryfbaan is uitgekontrakteur aan mnr. Hannes Kriek, wat self al alles in die stryd gewerp het om die probleem aangespreek te kry,” sê mnr. Holcher.

Mnr. Kriek sê dat hulle al die grensdrade gelig, bome afgesaag, en selfs speeltye oor naweek ingeperk het.

“Oor naweke word net ysters toegelaat, geen houte nie, daar’s oral borde op, en spelers teken vrywarings wat hulle verantwoordelik maak vir skade buite die klubgrense,” sê mnr. Kriek, wat die voorkomingsmaatreëls in oorleg met sy prokureur ingestel het.

Die ghofklub se bestuurskomitee sal weer op 8 November vergader.

Lees ander nuus hier:

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

Boer aangeval op plaas

Opvolg: Dam styg steeds!

Plaaspad word rivier

Water stroom oor keerwal by dam

Video: Damvlak styg na vier ure se stortreën op plaas

Dam kry water!

Video: Land grabs turns violent

Security guard killed

Dit sous maar damvlak sak steeds

Taxi assault caught on camera

SAPS handle slithering pythons to uncover drugs

Is dit jou kwad?

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button