Sport

Pumas pak Blou Bulle in Bondedag

Leeus gaan teen Luiperds grom in fees van provinsiale skolerugby

Die Noordvaal Bondedag word Saterdag by Hoërskool Middelburg aangebied.
Spanne van die Limpopo Blou Bulle, Blou Bulle, Valke, Leeus, Luiperds en Pumas, gaan in aksie wees.
Die fluitjie blaas reeds om 9:00 met die Pumas se Cravenweekspan wat om 13:40 die Blou Bulle pak.

Die sterk span van die Leeus, wat die Pumas reeds op hulle kerfstok het, speel in die hoofvoorwedstryd teen die Luiperds.
Toegang is R20 per persoon en R50 per voertuig.

Vir diegene wat ’n lekker uitstappie van die dag wil maak, is Hoërskool Middelburg se puik fasiliteite daar met genoeg om te eet en drink.
Die Pumas se Cravenweekspan wemel van HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg spelers.

Pumas moontlik:

Rhandsu Mkhabela, Kgontse Masilela, Bukelo Nkosi, Rian Botha, Fisokuhle Shabalala, Ewan van der Merwe, Kamo Monkwe, Vian Louw, Menzi Siyaya, Siphesihle Marule, Sifiso Hlungwane, Andrea de Wet, Dewald du Toit, Ryan Blake, Melchior van Niekerk. Plaasvervangers: Obuhle Nyumba, Uzile Ox Mathelela, Marcel Lindeque, Lihan de Vaal, Thubelihle Marule, Ruan Pienaar, Blake Faber, Buhle Mphahlaza.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button