News

Witkerk vier 150 jaar

Die Witkerk is vanjaar 150 jaar oud.

•As voorloper tot die basaar (11 Maart) word die Witkerk se deure daagliks oopgestel vir die publiek vanaf 27 Februarie tot die dag voor die basaar.

• Die jaarlikse potjiekoskompetisie en proe-aand is op 3 Maart. Vir slegs R100 per persoon kan jy gaan proe aan van hoenderkop en -pote tot skaap- en beesstertpotjies.

• Kunstenaars moet daarop let dat die sluitingsdatum vir kunswerke vir die “Witkerk – Toeka tot Nou” kunskompetisie verleng is na 3 Maart. Skilderye mag nie groter as 50cm by 80cm wees nie. Die kunswerke sal uitgestal en te koop wees by die basaar.

Vir navrae bel die Hoëveld Kunsvereniging, Talita by 083 603 2475 of Johanna by 084 511 0086.

• Op 7 Maart kan drawwers/stappers deelneem aan die 10 km wedloop of die 4.9 km pretloop.

• Op 11 Maart word daar feesbasaar gehou!

• Op 12 Maart word ‘n spesiale Fees Dankdiens om 09:30 gehou.

• Nog is dit einde niet! Almal kan nou reeds hul kaartjies kry om dalk ‘n skaap te wen.

Vir enige navrae rakende enige van die feesaktiwiteite, bel Maryna Hechter by 073 148 9932.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button