NewsUpdate

Opvolg: Die seksmal vrou en die seksvideo

Die oor en weer moddergooiery oor die beweerde molestering van kinders en mans wat beweer ’n vrou is seksmal het ’n nadraai gehad, toe een van die betrokkenes gister deur die polisie ondervra is.

www.mobserver.co.za het betroubaar verneem dat ’n man ondervra is in verband met die beweerde voorvalle.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die man wat ‘n paar weke gelede gekla het oor sy dogter wat gemolesteer is, dieselfde is persoon wat ‘n paar jaar gelede ‘n seksvideo, wat op ‘n plesierbus gemaak is, aan ‘n koerant wou verkoop.

Die pa het gekla oor sake onder die Wet op Seksuele Misdrywe teen sy eksvriendin se eksman en nog ‘n ekskêrel.

Hy het vertel hoe sy eksvriendin met hul kinders verdwyn het en dat hy hulle onlangs opgespoor het. Die dogter het vertel dat haar stiefpa en haar ma se ekskêrel haar betas het.

Daar word beweer dat die ma “seksmal” was en baie buite-egtelike verhoudings gehad het.

Die koerant het intussen ’n brief ontvang van die ma van die kinders, wat sê dat die pa van die kinders “verdwyn het Richardsbaai toe, soos wat hy gesê het, omdat hy die seksvideo wat hy op ’n plesierbus gemaak het, aan ’n Sondagkoerant wou verkoop. Hy het uit Middelburg gevlug omdat hy vir sy lewe gevrees het.”

Hy het klaarblyklik ’n groot som geld van ’n bekende sakeman ontvang om nie die video te verkoop nie en toe gevlug.

• Die pa van die kinders het tydens die eerste berig aangedui dat hy beide die eksman en ekskêrel, asook die ma van die kinders gaan laat aankla onder die Wet op Seksuele Misdrywe.

• Hy het pas reageer op die ma se bewerings. Sy antwoord sal in die Middelburg Observer se volgende Vrydag uitgawe (24 Februarie) verskyn.

Lees vorige storie hier:

Man sê vrou is seksmal

Lees ander nuus hier:

Weather for the weekend

Vrou met dood gedreig

Pa en seun oorleef ongeluk

Gepeupelreg lei tot moord

Armed robber shot at e’Mhluzi Mall

Conspiracy to rob studio 88

Sikloon is op pad!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button