Die taxi wat in ’n ongeluk met ’n voertuig betrokke was op die hoek van Verdoorn- en Jeppestraat. Daar was geen ernstige beserings nie.
Insleep- en ambulansdienste het gister van ongeluk na ongeluk gejaag.
Die skade aan ’n Colt bakkie nadat dit ’n bakkie met ’n sleepwa getref het op die ou eMalahlenipad.In Walter Sisulustraat, op die draai naby die Middelburg Hospitaal, het ’n Polo gegly en ’n ander Polo getref. Een pasiënt is per ambulans hospitaal toe geneem.’n Mitsubishi Highlander moes ingesleep word nadat dit met ’n ander voertuig gebots het op die hoek van Samora Machel- en Vosstraat. Daar was geen beserings nie.
• Buiten verskeie ongelukke waar voertuie gegly en mekaar gestamp het, was daar kort na 18:00 gisteraand ook ’n ongeluk waar ’n bejaarde man met sy bromponie gegly het op die hoeke van Vos- en Morkelstraat.
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.