News

Akademia: Instelling wat bekwame gegradueerdes lewer

In Akademia se sesde bestaansjaar is een ding seker: Dié privaat hoër onderwys-instelling bou aan ? werksmag wat met selfversekerdheid en bekwaamheid by werkplek kan instap.

Volgens Paul Vogel, die operasionele bestuurder van Akademia, lê die instelling se groeiende sukses in hul unieke model wat Afrikaanse studente die geleentheid bied om in hul moedertaal te studeer en om klasse nauurs by te woon.

“Dit bied vir die student ? ruimte waar hy of sy kan studeer én terselfdertyd werksondervinding kan opdoen. Vanjaar is daar 730 studente wat by Akademia studeer. Die meeste van ons studente werk reeds, dus het hulle die voordeel dat hulle na afloop van hul studies reeds werksondervinding het wanneer hulle by ? werkplek instap,” sê Vogel.

Interaktiewe videokonferensie-tegnologie word aangewend om interaktiewe afstandsonderrig-kontaksessies bykans regoor die land moontlik te maak. Dit beteken dat studente voltyds kan werk en dan op voorafgeskeduleerde aande kontaksessies in een van die genoemde sentrums naby aan hul huis kan bywoon. Hierdie kontaksessies word ook opgeneem, en studente kan binne 72 uur ná hul kontaksessie die klas aflaai en op hul eie tyd hersien.

In hierdie tye van onsekerheid in ons land se universiteitswese bied Akademia ’n veilige, leervriendelike omgewing waar studente kwalifikasies in verskeie BCom-rigtings kan verwerf.

Studierigtings sluit in:

• BCom-grade: Akademia bied reeds geakkrediteerde BCom-grade in Ondernemingsbestuur, Bestuursrekeningkunde, Finansiële Beplanning en in Ekonomie en Regte.

• Gevorderde diplomas: ’n Gevorderde Diploma in Projekbestuur word aangebied vir projekbestuurders in die werkplek wat graag hul formele kwalifikasie wil bekom (hiervoor is ’n driejaardiploma of -graad as voorafkwalifikasie ’n vereiste).

• Hoër Sertifikate: Die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde en Kantooradministrasie (Algemeen / Projekadministrasie) is NQF 5- geakkrediteerde jaarkursusse wat dien as oorbrugging vir Akademia se BCom-graadprogramme.

Akademia het tans 11 sentrums oor die land heen waar studente bymekaar kom om lesings by te woon. Die lesings word met behulp van moderne tegnologie vanaf ? lokaal op die kampus in Centurion na studiesentrums in Pretoria Moot, Pretoria Lynnwood, Centurion, Boksburg, Krugersdorp, Vanderbijlpark, Bloemfontein, die Paarl, Durbanville, Somerset-Wes en in George uitgesaai.

“Studente wat by Akademia uitstap, is in der waarheid baie goed toegerus omdat hulle die studiemateriaal, wat dikwels slegs in Engels beskikbaar is, onder die knie kon kry danksy die feit dat dosente dit in Afrikaans kon aanbied en verduidelik,” sê Vogel.

Voornemende studente kan ook aansoek doen vir rentevrye studielenings om vir hul studies te kan betaal. Voorts bied Akademia oorbruggingsgeleenthede vir studente wat nie regstreeks kwalifiseer om vir ’n BCom-graad in te skryf nie. Studente kan vir kursusse inskryf om ? hoër sertifikaat in rekeningkunde of kantooradministrasie (Projekadministrasie) te verwerf. Dié kwalifikasies verleen dan toegang tot graadstudies.

Akademia het tydens sy vyfde jaarlikse plegtigheid in April ? nuwe mylpaal bereik toe dié instelling sy eerste BCom-grade toegeken het. By die geleentheid is 13 grade aan studente toegeken wat in 2014 vir die program BCom Ondernemingsbestuur ingeskryf en dit verlede jaar voltooi het.

Benewens die toekenning van die 13 grade in BCom Ondernemingsbestuur, is 14 gevorderde diplomas in Projekbestuur, drie diplomas in Kleinsakebestuur, een diploma in Bemarking, 19 hoër sertifikate in Kantooradministrasie en 26 hoër sertifikate in Rekeningkunde toegeken.

“Akademia het die afgelope vyf jaar universiteitsvlakkwalifikasies van hoogstaande gehalte binne die bereik van Afrikaanse studente soos wat nog nooit tevore die geval was nie geplaas. In 2012 het ons met die aanbieding van hoër sertifikate begin en in 2017 ken ons die eerste grade toe,” het Piet le Roux, Akademia se akademiese hoof, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button