News

Seun (16) sterf in ongeluk oppad terug van jagtog

Twee leerlinge van HTS Middelburg was in ’n ongeluk betrokke oppad terug van vakansie. ’n Seun (16) is in die ongeluk dood.

Daar sal volgende week afskeid geneem word van Jandré van der Walt (16) wat Maandagmore oorlede is in ’n motorongeluk tussen Ohrigstad en Lydenburg.

Hy is dood nadat die voertuig waarin hy en sy meisie, Igne Gouws (15), gery het, vermoedelik bo-oor hom gerol het.

 

Igne Gouws.

 

Jandré se oupa (naam nie tans bekend nie) het die voertuig bestuur en beheer verloor, waarna dit gerol het.

Die geselskap was op pad Middelburg toe na ’n jaguitstappie. Jandré bly by sy ouers in eMalahleni.

Hy is uit die voertuig geslinger en op die toneel dood verklaar.

Igne en sy oupa is nie ernstig beseer nie en Life Midmed toe gebring vir behandeling.

Igne het nekbeserings opgedoen, terwyl die oupa vir ’n skouerfraktuur behandel is.

 

HTS Middelburg het ’n huldeblyk op hul Facebookblad geplaas.

 

Daar sal volgende week by die skool van Jandré, wat vir HTS se ouderdomspanne uitgedraf het, afskeid geneem word.

• Lees Vrydag se Middelburg Observer vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button