News

Suidkus storm – Pa sukkel vir ure om by kleuter te kom

Oud-Middelburger Dewald Loedolff het vanoggend vir vier ure gesukkel om by sy vierjarige seuntjie, Waldo, se kleuterskool uit te kom, weens die oorstromings in Amanzimtoti en Durban.

Sy vrou, Lanie, wat as mondhigiënis by ’n tandarts in Durban werk, sal vannag in die spreekkamer moet oorslaap, aangesien die paaie tans onbegaanbaar is.

Lanie Loedolff

 

Dewald se ma, Marianna, het pas op die Middelburg 911 noodgroep gesê hoe bekommerd sy oor haar kinders is.

Also read: Watch – Severe storm warning (Zululand Observer)

Mnr. Loedolff werk as elektrisiën by Tiger Foods op die Durban hawe en het sy ma laat weet dat sy hele huis in Amanzimtoti oorstroom is.

Met die verwoede storms is hy vroeg vanoggend in kennis gestel om Waldo te gaan haal.

Die oorstromings het die paaie oorstroom en hy kon nie op die N2 ry om by sy kind uit te kom nie. Hy moes terugdraai op die pad en ’n heel ander ompad neem.

“Dit het Dewald vier ure gevat om die sowat 20 kilometer te ry tot by die kleuterskool! Waldo was die laaste kleuter wat vandag opgelaai is.”

Volgens mnr. Loedolff is daar niks in hul huis wat droog is nie.

• Mnr. Loedolff was ’n oud-leerling van HTS Middelburg en het tot verlede jaar nog by ’n myn in die Arnot omgewing gewerk. Met die sluiting van die myn het hy en sy vrou na Kwazulu-Natal verhuis.
Middelburgers sal Lanie ook onthou, aangesien sy by Du Preez tandarts gewerk het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button