News

Bus met oorsese gaste gestrand

As dit reën is dit nag. Nadat ’n trok uitgesleep is, het daar ’n bus met 35 toeriste op die Winnaarspoortpad vageval.

’n Bus met oorsese gaste op pad vanaf die Laeveld het vasgeval op pad na die gewilde Kloppenheim oord naby Machadodorp.

Inwoners van die omgewing is al vir etlike jare besig om ’n verbete stryd te voer met die owerhede om die roete vanaf die N4 op die Winnaarspoortpad na Kloppenheim asook Silver Sixpence en die ander gastehuise en toerisme geleenthede in die omgewing, begaanbaar te maak.

Sodra dit begin reën is daar chaos op die grondpad.

Die betrokke middag het ’n groot vragmotor daar vasgesit.

Nadat dit uitgesleep is, het daar net voor 19:00 ’n bus vasgeval en die 35 toeriste moes uitklim en in die koue en modderige toestande buite staan terwyl die groepleier en busbestuurder probeer het om die bus uit te sleep.

Voorheen het die eienaars van die oorde op die gedeelte van die pad saamgespan en diesel verskaf vir die regmaak van die pad aangesien hulle nie self toegelaat kon word om aan die pad te werk nie.

“Wat staan ons nou te doen, want ons besighede is besig om skade te ly as gevolg van die pad wat onbegaanbaar en uiters gevaarlik is?” het een van die eienaars gevra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button