Doodskisvonnis – wat nou?
Daar was gemengde reaksies nadat die doodskistwee gevonnis is. Hier is wat heel moontlik volgende gaan gebeur:

Willem Oosthuyen en Theo Jackso sit op die oomblik met hul polse aanmekaar geboei in die getuiebank. Oosthuyzen se vrou, Chane, het kort nadat die hof verdaag het, in trane uitgebars.
Sy is getroos deur Elsabe Juyn, deel van haar man se regspan en verduidelik dat hulle vandag nog ‘n aansoek om borg sal bring.
Die aansoek kan egter net gebring word as hul aansoek om appel suskesvol is.
Staatsaanklaer Robert Molokoane is tans besig om ‘n aansoek voor die hof te bring wat Oosthuyzen en Jackson sal verhoed om vir ‘n sekere tydperk om parool aansoek te doen.
Hierdeur probeer adv. Molokoane verhoed dat hulle net ‘n derde van hul vonnis uitdien voordat hulle vir korrektiewe toesig kan aansoek doen.