News

Toets jou skietvernuf op diè baan

Die Olifantstak van die Suid-Afrikaanse Jagters - en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) bied aan lede (en nie-lede) 'n skietbaan wat geleë is 2.7 km Suid van die N4 op die R35 ou Bethalpad.

Baanfooie beloop R70 vir SAJWV lede en R140 vir nie-lede, maar jaar/seisoen kaartjies is ook beskikbaar wat dit nog meer bekostigbaar maak teen ongeveer R100 per maand.

Lees ook: Boer skiet homself

Benut die 100 m en 150 m baan om jou skietvernuf te verbeter of ladings te toets, vernaam vir die manne wat graag self herlaai. Die fasiliteit is onlangs opgradeer en op die 100 m baan is selfs ‘n skadu-afdak en gerieflike skietbanke.

Elke tweede Saterdag van die maand vind ‘n skietgeleentheid plaas, by die Olifantstak se skietbaan. Skakel skiet köordineerder, Riaan Nortje by 082 828 7558 vir verdere navrae.

•Olifantstak beskik oor geakkrediteerde opleidings personeel wat bekwaamheids- en wetsopleiding (Wet 60 van 2000), sowel as die praktiese toets, as dienste verskaf, wat vereis word vir die besit van ‘n vuurwapen.

Lees ook: SA jagters skietdag

Akkrediteerde kursusse vir toegewyde jagstatus asook toegewyde sportskuts, sowel as herlaai-kursusse en meet van jagtrofee, word ook deur die tak aangebied.

Vir enige navrae of besprekings, kontak vir Althea Smith by 013 246 9031.

 

•Olifantstak se jaarlikse jeugprogram is trots om hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aan te trek, aangesien bande gesmee is met Meiring Prinsloo 082 075 0799, die bestuurder van Amanzi Mountain Reserve, Forever Lodge, wat hierdie projek gaan dryf.

Ander nuus:

Mense lag hulle siek vir polonie grappies

11-Jarige meisie glo op ma se bed Verkrag

Video shows bloody shootout in Randburg

Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)

Bromponie met rooibulplakker gesteel

Video: Inwoners spring self in om eendedam te red

Katte lê vir ure in sakke met pote vasgebind

 

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

 

Back to top button