News

Dilemma met die as: Vrou se man ‘gesteel’

Die trane loop, die dominee lewer sy beste preek, daar is lekker begrafnisbroodjies, die lykswa vertrek en ’n paar maande later ontvang die begrafnisondernemer die geliefde se as in ’n mooi kissie.

Dit is net hier waar die neukery inkom: Wat nou met daardie as?
’n Vrou het eendag by www.mobserver.co.za se kantore ingestap omdat haar man “gesteel” is.
Joernaliste het grootoog gewonder hoe kan iemand gesteel word, ontvoer word ja.
Later het dit geblyk daar is by haar huis ingebreek en haar man se as wat in ’n kissie bewaar is, is ook gesteel omdat die inbrekers waarskynlik gedink het daar is iets waardevols in vir hulle.

Nissies word ook op groot skaal in begraafplase oopgebreek.

Daar is egter ’n groter probleem vir begrafnisondernemers in die land: Naasbestaandes wat net nooit hulle geliefdes se as gaan afhaal nie.
By net een begrafnisondernemer op Middelburg staan daar honderd kissies wat nie afgehaal is nie.
Die ou spreekwoord: “Uit die oog uit die hart” doem dadelik by mens op.

So erg is die probleem glo dat daar is sprake dat ‘n stoor in Bloemfontein gebou gaan word, sodat onopgeïsde askissies daar gehou kan word.

•Mnr. Edgar Brits (assistent verteenwoordiger, Avbob) sê dat hulle die afgelope meer as 10 jaar al ‘n dokument het wat mense moet teken tydens ‘n verassing.
Hierin onderneem hulle om binne 60 dae die as te kom haal.
Wanneer die afsnytydperk nader kom en die askissie is nog daar, word die familie gebel en herinner.
Hy sê dat daar kissies van sover terug as die 1980’s in store regdeur die land staan.

•Mnr. André van Wyk, van Rosleigh Begrafnisdienste, sê dat daar sowat 100 kissies by hulle staan, wat terug dateer tot 2005.
Volgens wet kan ondernemers die as na vyf jaar tot niet maak, maar hy het dit deur die jare bewaar.
Tydens ‘n verassing gee hulle vir geliefdes die opsie om hul askissie ‘n rukkie in hul argief te hou, totdat hulle gereed is om dit te kom haal, hetsy om dit iewers te strooi, in ‘n nissie te sit of by hul huis te hou.

Daar is ook die opsie dat die ondernemer dit tot niet maak.
Hulle bel van tyd tot tyd die familie van die askissies om hulle daaraan te herinner.
Hy het families genooi om die kissies te gaan haal.

•By navraag aan Doves Begrafnisdienste is gesê dat hulle nie ‘n probleem het met mense wat nie die askissies kom haal nie.

•Mnr. André Nel (bestuurder, Martin’s Funerals Middelburg) sê dat mense ook by hulle ‘n vorm invul waarin hulle aandui of hulle die as wil hê, al dan nie.
In al die jare het hulle net een geval gehad waar die mense later nie die as wou hê nie en hulle dit tot niet moes maak.
By hulle wag mense soms tot ses maande om dit te kom haal.

 

Lees ook:

Geen heenkome vir misbruikte kinders

Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen dalk vir muti vermoor

Kaptein Booyse die kroek

Twee sterf op N4

VIDEO: Gys groet na 26 jaar

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button