Bismarck is soos ’n oorlogskip
Bosveldkaskenades met kransduif wat klap en pik wanneer jy naby Jimbo kom.
Jy vat nie aan Jimbo nie!
Vat jy aan Jimbo is Bismarck soos ’n oorlogskip op jou.
Die kransduif se streke hou inwoners van Kranspoort deesdae op hulle tone.
Wanneer Jimbo Gordon die dag nie laat weet waarmee hou Bismarck hom besig nie, doen hulle vinnig navraag.
Bismarck het ses maande gelede deel van die Gordon-familie geword, wat ook Penny die koedoe en die twee vlakvarke Wollie en Willie insluit.
Noleene Gordon is in Bismarck se oë nie deel van die gesin nie.
Wanneer hy op Jimbo se kop sit, kan Noleene nie naby hom kom nie.
Soos ’n woedende mens word die bek opgeblaas, die oë word rooi en Noleene word met die vlerke geklap en gepik.
“Sy is deesdae die ikoon van Kranspoort,” sê Jimbo.
Nee, sy is nie vernoem na Bismarck du Plessis die rugbyspeler nie, maar na ’n Duitse oorlogskip in die Tweede Wêreldoorlog.
“Lyk my hierdie duif oefen om ’n fighter pilot te word. Hy sit nou hier langs my op die bank besig om homself op te pof. Dubbel sy grootte.”
Jimbo, wat ook ’n musikant is, het al selfs ’n liedjie uitgereik oor die “bosveldkaskenades”.
En dit is die storie van Bismarck, Wollie, Willie, Penny en Pumba’s Den…
