Jo Black kom wel later optree
Die kat kom weer want hy wou nie langer wag, die Jo Black ondersteuners sal egter langer moet wag.
Die gewilde Afrikaanse sanger kon nie Saterdag by die Lighuis gemeente optree nie, omdat hy ’n operasie ondergaan het.
Pastoor Danie Venter sê hulle is Donderdagmiddag laat deur sy agent in kennis gestel dat hy nie die optrede Sondag sal kan bywoon nie, omdat hy in erge pyn verkeer.
In ‘n persvrystelling deur Flagship Productions is daar op sy Facebookblad gesê dat hy ‘n mediese toestand het wat met sy werwels te doen het en dat ‘n noodoperasie Sondag gedoen is.
Daar is ook gevra dat sy privaatheid gerespekteer word.
Lees ook: Jong Middelburger maak sangsensasie se hart sag
Pastoor Venter sê hulle het via sosiale media almal laat weet dat sy optrede by die kerk gekanselleer is.
Hy het ook namens hul gemeente, asook die gemeenskap, vir Jo sterkte toegewens en gevra dat almal vir hom in gebed moet intree vir spoedige herstel.
•Dr Tinus van der Merwe het gesê die gemeente het kostes aangegaan vir die optrede soos R4000 vir ekstra stoele en dat die sanger ook betaal is.
Die goeie nuus is dat die baardman wel later by die gemeente gaan optree. Daar is reeds drie datums deurgegee aan die gemeente vir latere optredes.
•Jo Black is die sanger se verhoognaam, sy van is eintlik Engelbrecht.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
