News

Oudleerlinge in Pretoria aangeval en beroof

Oudleerlinge van Middelburg het die laaste paar weke erg deurgeloop onder misdaad in Pretoria.

Dawie Nel, oudleerling van Hoërskool Kanonkop, is by ‘n verkeerslig in Pretoria met skroewedraaiers en messe toegetakel.
Hy het na die Wilgers Hospitaal gejaag vir hulp en sterk tans goed aan.

Dawie sal later drie operasies ondergaan, om sy erg beseerde neus op te bou.

Lees ook: Gewese Puma voorry met messe toegetakel

Daarna is die professionele gholfspeler, Ruan Korb, wat aan die Sonskyn IGT Uitdaag Toer deelneem, se duur gholfstel in ’n gewapende roof by sy woonstel in Pretoria gebuit.
Elke stok in die stel is spesiaal volgens sy lengte en gewig vervaardig en is in sy Etios weggery, na die aanval op sy huishulp en vriend, Eric Petzer-Moore.\

Eric Petzer-Moore.

Ruan was saam met familie en vriende toe die rowers by sy woonstel toegeslaan het.
Hy deel die woonstel met Eric, WJ Meyer en Rainer Janse van Rensburg, wat almal saam met Ruan van Middelburg afkomstig is.

Twee gewapende mans het die woonstel binne gegaan en in ‘n gaste toilet op die onderste vloer weggekruip.
Die huishulp is eerste oorval, toe sy wou uitgaan om wasgoed op te hang.

Lees ook: UPDATE: Loskop farm attack victims discharged from hospital

Sy is vasgebind met elektriese kabels waarna een van die rowers Eric in sy kamer gaan roep het.
Hy het vermoed dat daar fout was met die huishulp en homself na onder gehaas, waar hy ook vasgebind is.

Hy is beveel om stil te bly en is gedreig dat hulle hom sal doodsteek.

Gholfspeler, Ruan Korb.

Die rowers het twee TV stelle, drie skootrekenaars, twee selfone, luukse klere en ander waardevolle huisartikels in Ruan se Etios gelaai.

Eric kon, nadat die rowers gevlug het, daarin slaag om alarm te maak, waarna Ruan en sy geselskap dadelik huistoe gejaag het.
WJ was by die werk tydens die aanval, terwyl Rainer agter die universiteitsbanke ingeskuif was vir eksamen.

Al vier die woonstelmaats is oudleerlinge van HTS Middelburg.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button