As jy die skoolhoof is, sit jy nie agter jou lessenaar en blaf bevele nie, jy vat jou vrou, jou fiets en durf ’n modderbad aan. O ja, jy vat ook die terreinwerker en al die leerlinge saam wat bereid is om fiets te trap.
Hoërskool Middelburg se hoof, JJ Hennop, en sy vrou, Michelle, terreinwerker, Lucky Mabhena, en leerlinge met bergfietse het Saterdag se Tour de Farm aangedurf.
Hoërskool Middelburg het Saterdag in groot getalle by die Tour de Farm opgedaag en die modderpaaie platgetrap. Die skool het ’n reeks foto’s beskikbaar gestel om hulle entoesiasme te wys. Deon Botha en Rickhardt Jochimsen staan reg om weg te spring.
Sommige fietsryers het voor die tyd die modderpad een kyk gegee en besluit dit is nie vir hulle nie. Nie die skool in groen nie.
Hulle het getrap dat die modder spat en na die tyd met net witgebit wat uitgesteek het, so breed geglimlag soos ’n vark in ’n modderbad.
Nelda Strijdom.
Daar is getrap dat die speke klap vir ’n goeie doel.
’n Gedeelte van die fondse wat op die dag ingesamel is, gaan aan Hoërskool Middelburg.
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.