News

Firma se “Ma” groet na 40 jaar

Na bykans 40 jaar se diens het die “Ma” van GFT Pistorius Prokureurs die firma gegroet.

Hanlie Steyn het aan die einde van Oktober die tuig neergelê.
Sy het in 1987 by die firma aangesluit en was oor die jare ’n steunpilaar in die boedelafdeling.

“Haar blymoedige geaardheid, professionaliteit en bereidwilligheid om altyd te help, sal almal bybly,” sê Theo Pistorius van die prokureursfirma.
Volgens Pistorius sal Hanlie altyd die “Ma” van die firma bly.
“Ons en ons kliënte gaan haar baie mis.”

Haar man, Hennie, werk by Van Zyl’s Automotive.
Die egpaar het drie dogters, Daleen, Lorinda en Melanie.

Lorinda en haar gesin het hulle soos vele jong Suid-Afrikaners in Amerika gaan vestig.
“Waar sy en Hennie nou so bietjie van ’n blaaskans vat, wens ons haar net die beste toe vir goeie gesondheid, vrede en vreugde.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button