News

LUISTER: Talle geteiken deur ‘lugtyddief’

Die lugtyddief is weer erg besig.

Drie inwoners is vanoggend geteiken en een het ’n opname van ’n oproep wat hy van die kansvatter wat hom uit lugtyd probeer verkul het, aan www.mobserver.co.za gegee.

’n Man wat homself as Dr Jan Botha voorgestel het, het mnr. Frans van Dyk gebel en vertel dat sy koelkamer opgepak het en hy dringend iemand soek aan wie hy vleis kon skenk.
Volgens die True Caller toepassing op mnr. Van Dyk se foon, was dit ’n J Botha wat gebel het.

Die man het hom daarna weer gebel en gesê dat hy die vleis dringend moet kom haal.

Tydens ’n derde oproep het die man gevra dat mnr. Van Dyk vir hom vier Vodacom lugtyd koopbewyse van R275 elk moet saambring plaas toe.
Mnr. Van Dyk het agter gekom iets skort voor hy ingedoen kon word.

• Verskeie ander inwoners het Sondag en Maandag oproepe van die man ontvang. Almal het betyds agter gekom dat dit ’n slenter is.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button