News

Bus was op wiele totdat dit verstopte stormwaterpyp getref het

Volgens Mega Busdienste aan wie die bus behoort wat Sondag op pad na Middelburg op die R555 duskant Laersdrift van die pad geloop het, was die bus op sy wiele totdat dit ’n verstopte stormwaterpyp getref en omgeslaan het.

Die 13-jarige Hoër Tegnies Middelburg leerling, Gideon Miller, is in die ongeluk oorlede.

Volgens die Limpopo Department van Vervoer is 13 ander passasiers, almal kinders in HTS en Hoërskool Middelburg op pad terug koshuis toe vanuit Steelpoort, op die toneel behandel vir ligte beserings.

Van die kinders is Life Midmed Hospitaal toe vervoer vir behandeling.

Lees ook: Tienerseun wat oorlede is in Sondag bustragedie geïdentifiseer

Daar was geen teken van meganiese probleme op die bus nie.

Volgens die GPS navigasie op die bus het die drywer deeglik by sy roete die afgelope paar jare gehou.

Die bus het vermoedelik op water, wat weens die verstopte stormwaterpyp op die pad opgedam het, gegly en aan die anderkant van die pad omgeslaan.
Die oorledene is onder die bus vasgepen en op die toneel dood verklaar.

Die Roossenekal polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Volgens mnr. Grant Seedwood van Mega Busdienste was daar 14 kinders op die bus, hy het egter self vir bevestiging van sy ondersoekers wat Maandag na die toneel toe uit is, gewag.
“Ons innige simpatie en meegevoel met die Miller gesin,” het mnr. Seedwoord gesê.

 

https://www.facebook.com/144100492308113/photos/a.947737361944418/2260327164018758/?type=3&theater

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button