News

Agterspeler duik Koedoe, wat eindlik Bosbok was, plat!

Die “koedoe” wat vanoggend in Oribistraat by ’n erf gesien is, was eintlik ’n jong bosbokrammetjie wat deur ’n oud-rugbyspeler in sy erf gevang en losgelaat is.

’n Inwoner het net na 07:00 www.mobserver.co.za benoud gebel en gesê dat daar “die hele nag ’n koedoe in my erf was, wat vanoggend teen die boom opgespring en uit die erf gekom het. Julle moet iemand stuur! Netnou beland hy in die verkeerde hande!” het die vrou benoud geroep.

Dieselfde tyd het mnr. Dicky Davel, wat net hoër op in dieselfde straat bly, se tuinier by die deur kom klop en paniekerig geskree: “daar is ’n springbok in die jaart!”

Mnr. Davel het die verbouereerde jong bosbokrammetjie agter in sy erf gekry en, as oud-agterspeler van Middelburg Rugbyklub, vinnig die bokkie platgetrek. Alhoewel die bokkie talle skraapwonde gehad het, was daar geen ernstige beserings nie.

Mnr. Davel het wel ’n wildsplaas in die Marble Hall omgewing, maar wou nie die bokkie verder laat stres nie en het besluit om hom so gou as moontlik los te laat.
Mnr. Davel het hom agterop sy bakkie gelaai en ’n ent uit op die Stoffbergpad losgelaat.

“Ek is net bly ék het hom gevang en nie iemand se pit bulterriër nie!” het hy laggend gesê.

•Hy is oortuig daarvan dat die bok nie van die Rondebosch plotte se rigting kom nie, al is die huis waar hy ingespring het naby Springbokstraat en die Stoffbergpad.
“Bosbokke kom nie eintlik daar voor nie, hulle kom eintlik van Elandslaagte en die Kranspoort omgewing af,”.

Dit is ook vir hom vreemd dat die dier na die huise se kant toe gekom het, “omdat dit eintlik baie skaam bokke is.”

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button