Gifstrooiers slaan wéér toe
Net twee dae nadat drie honde in Colleylaan (Dennesig) vergiftig is, is daar ’n jong hondjie in Kanonkop vergiftig.
Mnr. Bennie Landman het Sondagoggend hul jong worshondkruising, Sokkies, dood in hul Wendyhuis in Blesbokstraat gekry. Hy glo dit is ook die gevreesde Temik, ook Two Step genoem, wat gebruik is om sy hond te vergiftig.
Lees ook: Sewejarige verloor tweede keer honde na vergiftigings
•Verlede Donderdag is drie van mnr. Carlo van der Westhuizen se honde vergiftig. Dit was die tweede keer in twee maande dat sy diere vergiftig is.
•Sowat twee weke gelede is daar ook honde in SADC-straat vergiftig.
•Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV) het tydens die vorige vergiftigings die raad gegee dat mense hul diere in die huis, of agter in hul erwe of in hul motorhuise in die nag moet hou om die vergiftigings te voorkom.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
