News

KYK: Rowers hou aan skiet tydens Marble Hall plaasaanval

Skokkende videomateriaal van ’n plaasaanval in die Marble Hall area wys hoe ’n boer wreedaardig geskiet word, en hoe sy aanvaller terug kom vir nog.

Net drie jaar na sy neef gruwelik vermoor is op sy plaas in die Levubu area, is mnr. Harm Bonnema (70) die tweede lid in die familie wie geteiken is deur plaasaanvalle.
Afriforum het CCTV videomateriaal beskikbaar gestel nadat die voorval nasionale reaksie ontlok het.

Mnr. Bonnema is Maandagaand om 19:00 oorval nadat hy na sy bakkie toe gestap het om ’n sleutel te gaan haal.
Daar word verneem dat mnr. Bonnema onraad vermoed het, maar te laat was om te reageer. Die aanvallers het hom drie keer geskiet.

Lees ook: Plaasaanval naby Marble Hall

Die videomateriaal wys hoe mnr. Bonnema weens die koeëlreën reeds op die grond lê, maar dat een van die aanvallers weer teruggekeer het om hom te probeer skiet.
Nadat die booswig se handwapen gestoor het, het hy omgedraai en saam met sy makker die nag in verdwyn.

Lees ook: Plaasaanval slagoffer ‘huil bloed’

Paramedici en veiligheidsgroepe was vinnig op die toneel en is mnr. Bonnema per helikopter na ’n hospitaal in Johannesburg afgevoer.
Mnr. Bonnema is steeds in die hospitaal waar hy ondersteun word deur sy vrou, Susan, en dogter Annelie Botha.

•Sy vrou was tuis tydens die aanval, maar is gelukkig nie beseer nie.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button