News

Honde vergiftig vir motorfiets

Twee Jack Russell hondjies is Sondag in die vroeë oggendure in Morkelstraat vergiftig, waarna die boosdoeners ’n motorfiets gesteel het.

Me. Linda Uys sê haar man het omstreeks 04:30 opgemerk dat hul hondjie, Bella, hom nie, soos gewoonlik, inwag by die deur nie. Sekondes later het hy die hondjies, Bella en Fiefie, dood gekry.

Met verdere ondersoek is gesien dat hul seun, Niel (18) se motorfiets, ’n Bashan 250cc, registrasienommer FTF157MP, uit die motorhuis gesteel is.
Die waarde van die motorfiets is sowat R20 000.

Die motorfiets (veld- en padfiets) wat Sondag gesteel is).

As enige persoon die motorfiets opmerk, bel 062 911 3544.

•’n BMW motorfiets is Vrydagoggend omstreeks 06:00 by Bike City by die Middelburg Mall gesteel. Die booswigte het die voordeur oopgebreek en die motorfiets, ’n BMW S1000 RR, registrasienommer, JDD421MP (waarde R180 000), gesteel vanaf die skouvloer.

Die inbrekers het ook volledige leer motorfietsrypakke en leerbaadjies gesteel.

Wat uniek is op die motorfiets is dat die uitlaatpyp onlangs vervang is met ’n Austin Racing uitlaatpyp. As enige persoon die motorfiets opmerk, bel mnr. Fick by 079 912 2567.

Die motorfiets wat Vrydag in die vroeë oggendure by Bike City gesteel is.

•Die afgelope paar weke is daar talle honde vergiftig.

•Saterdag moes ’n veearts ’n hond uitsit in Uitbreiding 18 nadat die hond erg siek geword het weens vergiftiging en nie deurgehaal sou kon word nie.

•Verlede week het mnr. Carlo van der Westhuizen laat weet dat gifstrooiers verlede Donderdag vir die derde keer by hul huis in Colleylaan (Dennesig) toegeslaan het.

Hul twee baba langbeen foksterriërs is helder oordag gif gevoer. Gelukkig het sy vrou vroeg afgekom van werk en met die hondjies na die veearts gejaag.
Twee maande gelede het hy ’n R10 000 beloning aangebied vir inligting, nadat hul twee lieflinghonde vergiftig is.

Twee weke gelede is ook hul twee nuwe jong Jack Russels en ’n Deense hond vergiftig.

•Net twee dae nadat mnr. Van der Westhuizen se honde twee weke gelede vergiftig is, is die jong hondjie van mnr. Bennie Landmanin in Blesbokstraat (Kanonkop) vergiftig.

•Drie weke gelede is daar ook honde in SADCstraat vergiftig.

Bella die Jack Russell/foksterriër kruising wat gister vergiftig is.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button