VIDEO: Motor val vas in dieselfde slaggat wat ander voertuig ingesluk het
’n Motor moes Sondag weer uit ’n reuse slaggat in Belfast se middedorp getrek word, presies waar ’n ander kar ook vroeër ingeval het.

Belfast inwoners mor oor die toestand van hul paaie, wat op talle plekke net grondpad is.
Die lieflike reën die naweek het egter niks goeds vir Belfast se motoriste voorspel nie.
Die strate was weer omskep in modder-hindernisse met diep slaggate wat telkens wegspoel as dit reën.
Inwoners het al self van die gate met beton gevul maar dit spoel ook weg.
Die munisipaliteit het nie geld om paaie te onderhou nie of verdere verval te keer nie.
“Hulle lap en plak maar net waar dit die nodigste is,” het ’n inwoner Maandag gesê.
Die spesifieke slaggat is in Bhekumuzi Masangostraat, op die hoek van O Neilstraat geleë.
Trokke moet ook gereeld daaruit gesleep word.
Inwoners kla ook van pyplekkasies wat verdere skade aan die paaie veroorsaak.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
