Paaie almal weer oop na betogings
Al die paaie om Middelburg en Groblersdal is weer oop nadat daar vroeër vanoggend klippe en ander versperrings oor die paaie gepak is.
Vroegoggend het motoriste laat weet dat daar versperrings op die N11 (Loskoppad) by Doornkop gepak is. Alhoewel die versperrings steeds langs die pad lê, is die pad oop vir verkeer.
•Bykans al die paaie om Groblersdal, waaronder die Moloto- en Verena paaie was ook vroeg versper met onluste en klippe in die pad.
Daar was ook gerugte van klippe in die pad naby Loskop Damwal. Die vermoede bestaan egter dat die klippe wat naby Loskop Damwal gepak is, net kwajongens was en dit is verwyder.
Mnr. Kobus Hildebrand, voorsitter, Groblersdal Buurtwag, sê dat al die paaie egter nou oop is vir verkeer en dat daar geen onluste in die omgewing meer is nie.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
