News

Straatrowers bedrywig by poskantoor

Straatrowers het Saterdag binne ’n kort tydjie twee keer toegeslaan by die poskantoor.

Me. Heidi Buitendag het omstreeks 10:00 gou ’n pakkie gaan afhaal.
Sy was baie bly dat dit stil was en het by die oop parkerings gestop.

Met haar terugkeer het sy dadelik besef daar is fout, toe sy sien dat haar bril nie meer tussen die sitplekke lê nie.
Sy het verder ondersoek ingestel en gesien dat alles uit haar paneelkassie en uit haar kattebak gesteel is. Die booswigte het die seil by die agterste sitplekke erg beskadig, soos hulle dit oopgeruk het om haar pakkies uit die kattebak te haal.

Me. Buitendag skat die waarde van al die artikels wat gesteel is, op sowat R5 000.

Volgens me. Buitendag moes die diewe die oomblik toe sy gestop het, agter haar Kia Sportage gebuk en die agterste deur gou effens oopgemaak het. “Ek het aan my deur gevoel nadat hy die afstandbeheer gedruk het. Ons het dit getoets, al is een van die ander deure agter oop, sluit die ander deure wel as jy die afstandbeheer druk.”

•Sy het later die dag, omstreeks 14:00, teruggekeer na die polisiestasie, aangesien sy agtergekom het daar is nóg artikels weg uit die voertuig.

Met haar aankoms by die polisiestasie was daar twee geskokte bejaarde vroue wat besig was om ook ’n saak te open nadat ook hulle slagoffers was by die poskantoor.

Me. Buitendag het gehoor hoe hulle vertel dat die een vrou in is by die poskantoor, terwyl haar vriendin in die voertuig gewag het.

Die oomblik toe sy buite sig was, het een rower die vrou in die voertuig by die venster besig gehou, terwyl sy makker die passasiersdeur oopgeruk en die handsak gegryp het. In die handsak was onder ander R2 000 kontant, al die vrou se kaarte en haar selfoon.

Me. Buitendag waarsku vroue veral om nie alleen poskantoor toe te gaan nie en bedag te wees op straatrowers.

“Ek het die parkeerjoggie, ’n vrou, gekonfronteer dat daar by my voertuig ingebreek is, waarop sy erkennend haar kop op en af beweeg het dat sy daarvan weet. Sy het net straat af beduie toe ek vra waar hulle is.”

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button