News

Vermeende moordenaar stap by polisiestasie uit

Die man wat na bewering me. Wilma Viljoen in 2011 vergiftig, verwurg, verkrag en haar met 'n tou om die nek, aan 'n boom vasgebind het, het uit ’n polisiestasie gestap!

Peter Mogale, staar al agt jaar vervolging in die gesig, maar hy kon weer daarin slaag om uit aanhouding te ontsnap.
Mogale het gedurende Meimaand uit die polisieselle in Dennilton by die voordeur uitgestap.

Hy het ‘n borgkwitansie van ‘n ander misdadiger by hom gehad, waarna hy die uitboekregister van die polisie geteken en by die polisiestasie uitgestap het.
Hy was in aanhouding weens ‘n ander moord, waarvoor twee van sy ander familielede saam met hom gearresteer is.

Volgens luitenant Thabitha Leshilo van die Mhluzi polisie is Mogale in Dennilton saam met familielede gearresteer vir die wraakmoord op ‘n man wat van verkragting van ‘n ander familielid verdink is.

Die man is doodgeslaan.

Mogale moes weer Woensdag op Middelburg in die hof vir me. Viljoen se moord verskyn.
Dit is die vierde keer dat Mogale spoorloos verdwyn sedert sy arrestasie.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button