News

Buurman tot die redding toe lapa brand

’n Lapa het gisteraand afgebrand in Colleylaan, Dennesig.

Mnr. en me. Gerrie en Elsabé van Tonder sê hulle het eers besef daar is fout, toe die buurman, Skillie van der Merwe, hulle omstreeks 22:20 bel en skree: “Uit die huis uit!”
Kort hierna het hulle gesien hul lapa, wat langs die huis is, is in ligte laaie.

Die brand het ook skade aangerig aan hul rondawel langs die swembad en die skadunet.
“Dit voel soos ’n droom, ek kan dit nie glo nie,” het me. Van Tonder vanoggend geskok gesê.

Hulle was aanvanklik bang om uit die huis te gaan, omdat hulle gedink het dat die lapa aan die brand gesteek is om hulle uit die huis te kry.

Mnr. Van Tonder sê nie hulle of die bure was gisteraand buite om te braai nie en hulle het geen idee hoe die brand ontstaan het nie. Die lapa is nie naby die pad nie.
Hy het kort voor 22:00 iets gehoor, maar hul wakker Jack Russell, Tommy, het nie reageer nie en hy het weer aan die slaap geraak. 22:20 het hy die oproep van die buurman gekry.

Die egpaar sê hulle is vroeg bed toe, aangesien me. Van Tonder pas uit die hospitaal gekom het om haar pasaangeër te vervang en sy nog baie moeg is.

Nadat mnr. Van der Merwe oor die muur gespring het om te kom hulp verleen, is hulle na buite.
Die volgende oomblik het mnr. Van der Merwe geskree: “waar is die kar se sleutel, gooi hom vir my!”

Mnr. Van Tonder is vinnig die huis in en het die sleutel vir mnr. Van der Merwe gegooi, wat vinnig hul kar weggetrek het, aangesien die kar teen die muur van die lapa gestaan het.
“As Skillie nie vroeg gisteraand afgekom het, die brand gesien en ons kom help het nie, sou ons baie meer skade gehad het. Ons kan nie genoeg vir hom dankie sê nie!”

•Hulle bedank ook die brandweer vir hul hulp en al die bure vir hul ondersteuning.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button