Vyandige renosterbulle takel mekaar wéér
Ubhetyan O Africa se twee renosterbulle, wat berug is vir baklei nadat die een bul die ander verlede jaar oor ’n kloof op die plaas gestoot het, het weer vir groot drama gesorg toe hulle mekaar wéér getakel het.
Werknemers van die wildsplaas was op patrollie toe hulle kollig die twee renosterbulle gevang het waar hulle naby die lodge baklei.
Die bulle het mekaar in alle windrigtings gestamp en die bakleiery het vinnig tot by die wildbewaarders in die bakkie beweeg.
Die renosters het mekaar so gestamp dat die bakkie getref is.
Bewaarders het gou by die passasierskant uitgespring en lodge toe gehardloop toe die bulle die bestuurdersdeur begin verwoes het.
Niemand, insluitende die bulle, is in die harwar beseer nie.
Ubhetyan O Africa eienaar mnr. Deon Cornelius sê dat dit ’n geval was van “verkeerde tyd, verkeerde plek,” vir die bewaarders en die bakkie.
Die plaas is ’n oase van wild, en word deur bewaringsagentskappe gebruik vir rehabilitasie van onder meer luiperds en leeus.
Daar was ook onlangs twee voorvalle waar mens en dier gebots het.
• Op 6 Junie is die 2-jarige Courtney Ntimane deur ’n luiperd dood gebyt by die wildtuin se Malelane Tegniesedienste woonkwartiere.
Die dier en haar welpie is vankand gemaak na die aanval.
• Verlede week het ’n olifantkoei ’n kar in die Krugerpark gestorm en beskadig. Gelukkig is die vrou en haar ma nie beseer nie.
Lees ook:
Otter gryp vrou aan broek en spring in visdam
Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry
Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
