News

Vrou bly snags in kar

'n Aantreklike donkerkop vrou slaap al vir weke snags in haar Hyundai motortjie. Verskeie weldoeners het haar al onder hul vlerk geneem, maar sy vat elke keer weer die pad terug strate toe.

Een weldoener sê dat die vrou by haar gebly het. Sy het vir haar ‘n Wendyhuis reggemaak waarin sy permanent kon bly.

Terwyl hulle besig was om haar klere van die motor na die Wendyhuis te trek, het die vrou egter gesê “dat haar radio vir haar gesê het dat sy nie daar mag bly nie”. Sy is kort daarna vort.

Mense sê dat sy kliphard met haarself praat en dat hulle vermoed dat iets nie pluis is met haar geestestoestand nie. Sy is ook gefassineer met foelie en het stukke daarvan wat in haar kar rondlê.

‘n Ander hawelose het beweer dat die vrou prostitusie beoefen maar weldoeners by wie sy al gebly het sê dat daar geen bewyse daarvan is nie.

Daar is vasgestel dat sy vroeër by Eskom en later vir Optimum myn gewerk het. ‘n Persoon wat haar goed ken, sê dat daar vir haar gereël is om by ‘n ouetehuis in Carolina te gaan bly, maar dat sy dit nie wou aanvaar nie.

• Susan Grimbeeck het in 2013 vir byna ‘n jaar in haar rooi Jetta voor die Middelburg Polisiestasie gebly. Sy is uit Middelburg weg nadat iemand haar motor vir haar reggemaak het. Sy is daarna by die Botswana grenspos opgespoor, sonder haar motor. Dit is onduidelik waar Susan haarself tans bevind.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Haweloses die teiken van sadiste

Mans in glimbaadjies agtervolg vrou

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button