Buiteleweskou oor drie weke
Die jaarlikse De Voetpadkloof Buiteleweskou word vanjaar op 3 en 4 Augustus aangebied.

Organiseerders Koos Kleinsmith en Frans van Dyk staan gereed om weer duisende skougangers te onthaal.
Al die bekende lekkertes is daar soos dosyne stalletjies, hul eie Ziplyne, bootritte op die dam, helikopterritte en die waterpark vir die kinders.
Vanjaar is daar ‘n paar nuutjies op die program soos die laser skyfskiet en die elektroniese kleiduifskiet.
Van die kunstenaars wat reeds bevestig het dat hulle daar sal wees, sluit in: die Ventertjies, Heidi, Kosie, Beeskraal en Jaco van Wyk. Groot uitstallers wat beslis voete gaan lok, is onder andere:
•GC Gypsey van eMalahleni wat nuwe karavane bring.
•Al die bekende motorhandelaars wat onder andere hul nuutste 4×4 voertuie daar sal hê.
•Ledfly stal hul gewilde vlekvrye staalkappies uit.
Toegang by die hekke is R60 vir volwassenes en R30 vir kinders en pensioenarisse. As jy egter vooraf kaartjies koop, kry jy R10 afslag op elke kaartjie.
Kaartjies is nou reeds beskikbaar by: Frans van Dyk by Inyathi Tent & Canvas (082 920 4379), Koos Kleinsmith by De Voetpadkloof (071 678 1314), Izak Kelbrick by Leasure World (013 243 5060) of André Booyens (082 444 0930) by Rod & Reel in eMalahleni.
Lees ook:
Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers
Haweloses die teiken van sadiste
Mans in glimbaadjies agtervolg vrou
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
