Wie kry tenders maar doen nie die werk nie?
Wie kry vet tenders om die provinsie se paaie te herstel maar versuim om die werk bevredigend uit te voer?
Dit is die vraag wat motoriste vra na bouwerk op die Stoffberg- en Carolinapad.
Die R33 (Carolinapad) is die nasionale pad na Swaziland en het ‘n hoë volume verkeer elke dag.
Boonop swaai swaar vragmotors en karre uit in aankomende verkeer se baan, om die gate wat oor tien kilometer strek, te ontwyk.
Na die Middelburg Observer berig het oor die afwesigheid van waarskuwingstekens op die R555 (Stoffbergpad), wat ‘n ongeluk en beskadiging van talle ander voertuie veroorsaak het, het die klagtes van inwoners ingestroom.
Lees ook: WATCH: Vehicles hit unmarked ditch on R555
Mnr Ernst van den Berg, ‘n voormalige raadslid van Belfast, ry die R33 elke dag en vertel hoe hy self ‘n noodlottige ongeluk met sekondes vrygespring het.
Mnr. Van den Berg en ‘n paar ander lede van die gemeenskap, het gestoei met die Departement van Vervoer, om waarskuwingsbordjies op te kry.
Hy vertel dat padwerke meer as ’n maand terug begin het, en toe weer stilgestaan het, nadat daar teenstrydighede met die tenders was.
Soos op die R555, is daar stukke teer verwyder om reg te maak, en sonder waarskuwingsborde is die pad so gelaat staan.
Mnr. Van den Berg het self die Departement ingelig oor die afwesigheid van waarskuwingsbordjies en het met die werkers gaan praat.
Hy sê dat die werkers gekla het dat hulle borde gesteel word.
Lees ook: National road chopped into pieces
“Die Departement het skouers opgetrek, maar tog het hulle die verantwoordelikheid om te sorg dat iemand die werk inspekteur en oorsien. Daar is nie ‘n ingenieur of veiligheidsbeampte op die toneel nie.”
‘n Boer van die omgewing, mnr Deon van Rooyen, vertel hoe sy dogter moes uitswaai vir ‘n aankomende motor, en die kar agter haar die bosse in is, weens die gate in die pad. Hy het met twee geleenthede ‘n afspraak gemaak met die provinsiale administrasie, maar elke keer versuim hulle om op te daag.
Hy het laat weet dat daar eers Maandag, ’n stop/ry opgesit is, en dat die kontrakteurs nou van een kant af begin het om die gate toe te gooi.
Die naam van die kontrakteurs is onbekend.
Lees ook:
Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers
Haweloses die teiken van sadiste
Mans in glimbaadjies agtervolg vrou
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
