News

Groot swartbaars vat aas

Twee swartbaars van meer as vyf kilomgram is die afgelope twee weke in Loskopdam gevang!

Thehan van Rooyen (van Pretoria Noord) sê hy het op 21 Junie tydens ’n week vakansie by Forever Resorts Loskopdam sy kneuwel swartbaars van 5.15kg gevang.
Hy glo dis blote geluk, want hy het op al die plekke gaan gooi waar gewoonlik groot visse gevang is.

Teen die derde dag het hy ander kunsaans, bekend as “Zoom Twin Tail Grub, Watermelon RedTaxes” aangesit. Op drie en ’n half meter het die reus die aas gevat.
“Die mense het my snaaks aangekyk toe ek so tekere gaan op my boot, nadat ek hom uitgehaal het!” sê hy laggend.

Johan Zwarts se swartbaars van 5.09kg wat hy Sondag gevang het.

•Maandag is ’n foto rondgestuur van ’n swartbaars van 5.09kg wat Sondag ook by Loskopdam gevang is.

Wayne Naudé, die Suid-Afrikaanse swartbaar rekordhouer van 7.192kg (ook by Loskop), sê hy het Sondag die man by Loskop gesien wat die vis gevang het.
Hy weet net sy naam is Johan Zwarts en dat hy van Gauteng afkomstig is.

•Wayne en sy vriende was vir die dag by Loskopdam en het hulle 10 babers gevang.

 

 

 

 

Lees ook:

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Haweloses die teiken van sadiste

Mans in glimbaadjies agtervolg vrou

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button