Munisipaliteit loop deur onder gespot
Steve Tshwete Munisipaliteit se nuuste ouditverslag maak landwyd opslae, “vir die verkeerde redes” sê burgemeester Bagudi Tolo.
Ten spyte van die feit dat die munisipaliteit as die vierde beste landwyd en nommer een in Mpumalanga gekroon is met betrekking tot dienslewering en finansiële bestuur, het die hoofstroom media die afgelope twee weke baie negatief oor die Ouditeur Generaal se oudit verslag vir die 2017/2018 boekjaar berig.
Rapport het die naweek die draak gesteek met die munisipaliteit in een van sy gewilde rubrieke.
Dié pendoring word nou op sosialemedia onder inwoners versprei, terwyl ’n verdoemende vidoegreep van ’n TV onbytprogram waarop voormalige bugemeester Mike Masina oor munisipale bestuur gesels, ook rondgestuur word.
Rapport het Sondag in Pollux se pruttelpraatjies onder die kop, “As jy dop skryf ’n ander vraestel” gewaarsku “Pasop vir Steve” met verwysing na die munisipaliteit.
Pollux skryf dat hy die munisipaliteit ge-Google en op ’n kennisgewing afgekom het waar die munisipaliteit homself distansieer van ’n slenter wat die rondte doen, waarby die munisipaliteit betrek is.
Daarna sê Pollux dat hy die ouditverslag onder oë gehad het en dat die Ouditeur Generaal sê dat die finansiële state wat voorgelê is, so swak saamgestel is dat hy nie ’n oudit opinie kon vorm nie.
Hy wonder dan wat van die munisipaliteit gaan word as die een kant by ’n verneukery betrokke is, en die ander kant nie kan somme doen nie?
Lees ook: Mayor Mike Masina surrenders flagship municipality to ANC kingmakers
Burgemeester Tolo het Woensdag standpunt ingeneem en gesê dat daar ’n daadwerklike poging aangewend word om hom en munisipale bestuurder, mnr. Bheki Khenisa, te diskrediteer.
“Daar steek geen waarheid in dié opinie nie, die rubriek is bespiegeling en deel van ’n georkestreerde plan om die politieke en administratiewe bestuur van die munisipaliteit te diskrediteer,” sê burgemeester Tolo.
Munisipale bestuurder, mnr. Khenisa, het ook aan die koerant gesê dat hy verneem het dat sommige raadslede die publiek openlik mislei oor die ouditverslag.
Mnr. Masina wat kort voor burgemeester Tolo se munisipale rede op ’n TV nuusprogram verskyn, waar hy gesê het dat politieke inmenging op die administrasie lei tot ’n gebrek aan dienslewering.
Doornkop, waar daar feitlik geen munisipale dienste voorsien word nie, is in die segment oor swak dienslewering gewys.
“Net soos ons nie by Botshabelo kan dienste voorsien nie, net so kan Doornkop ook nie sonder die toestemming van die wettige eienaar gediens word nie, selfs Eskom weier,” sê burgemeester Tolo. “Die munisipaliteit is stabiel in alle opsigte,” sê hy.
Burgemeester Tolo wou hom nie uitlaat oor wie hy dink agter die smeerveldtog sit nie – “Maar ek kan met sekerheid sê die plan gaan nie werk nie want ons oudit is skoon, die finansies sterk en die belange van Middelburg se mense in goeie hande”.
Burgemeester Tolo was Dinsdag self in die SAUK ateljees waar hy uitgebrei het oor die Ouditeur Generaal se enkele uitwysings, “wat bo verdenking is”.
Lees ook:
Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers
Haweloses die teiken van sadiste
Mans in glimbaadjies agtervolg vrou
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
