News

Byna bloedbad by munisipaliteit

'n Bloedbad is net-net afgeweer by die Nkangala Distriksmunisipaliteit waar 'n kontrakteur in die kantore vir drie gewapende mans moes wegkruip.

Die kontrakteur, wat instandhoudingswerk by die munisipaliteit doen, moes wegkruip toe die drie mans hom by die hekke van die munisipaliteit, verby die sekuritietswagte, in gevolg het.
Sou ‘n skietery uitbreek, is Nkangala se sekuriteit in elke geval nie voorbereid nie omdat hulle sonder wapens werk.

Binne die perseel het die mans hul vuurwapens tevoorskyn gebring, waarna die kontrakteur vir sy lewe moes vlug.

Die hele voorval is deur die munisipaliteit se fasiliteitsbestuurder gesien, het munisipale bestuurder, me. Maggie Skosana, bevestig.
Volgens ‘n ooggetuie het die mans hul wapens met die intrapslag op ontvangspersoneel gerig.

Personeel het gegil en dadelik grond toe geval, waarna die gewapende mans omgedraai en uit gestap het.
Hulle is weer verby die sekuriteitspersoneel by die hekke uitgelaat.

Die bron sê munisipale personeel voel nou onveilig, weens onvoldoende sekuriteit.

Die polisie is ontbied, maar geen saak is geopen nie.

Die mans het die kontrakteur van die Mall af gevolg waar hy vroeër geld getrek het.

 

 

 

 

Lees ook:

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Haweloses die teiken van sadiste

Mans in glimbaadjies agtervolg vrou

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button