News

‘Iemand het ’n teddie by Dennesig dammetjies weggegooi…”

As ’n mens kyk na die gemors wat HTS Middelburg se landsdieners opgetel het by die Dennesig dammetjies, dan kom die lirieke van “Iemand het ’n lappop...op die ashoop weggegooi..” van Carike Keuzenkamp by jou op.

Maar dié keer, met heel ander lirieke:

“Iemand het ’n teddie, by die Dennesig Dammetjies weggegooi.

Hy was gedaan en stukkend, vol modder en nie meer mooi nie.

Tussen die takke hoor hy stemme praat, maar wié verwelkom hom….

Maar o ellende toe hy kyk, wat sien die teddie daar?

Net ’n dooie hond, dit laat ’n aaklige smaak in die mond.

’n Leë melkhouer daar en ’n stukkende bierbottel wys gevaar.

Net ’n stukkende hemp en ’n groot stuk sement.

’n Vrot ou skoen en ’n half gevrete lemoen!

‘Ag nee wat’, sê die teddie, ‘wie sal ooit weer Dammetjies toe wil kom?’

Maar min het hy geweet, dat HTS Middelburg se landsdieners met hul swartsakke daar sou saamdrom!”

Nou nie meer ’n vrot reuk, of ’n bottel wat jou voete steek.

Net ’n silwerskoon dam, waar almal kan ontspan!”

•Die landsdiensgroep het reageer op rdl. Johan Dyason se uitdaging onlangs om te help om die gemors by dié dammetjies skoon te maak.

Rdl. Dyason het vir elke landsdiener ’n bottel water, asook chirurgiese handskoene gegee vir die skoonmaaktog, Vir hul harde werk het hy hulle later elkeen beloon met ’n Kit-Kat sjokolade.

Me. Sanet Nieman, wat die groep vergesel het, het ook handskoene saamgebring en is die twee stelle handskoene sáám vir higiëniese doeleindes aangetrek.

•Die groep van sowat 20 leerlinge het vir meer as twee ure geloop en gemors optel en is ’n totaal van 37 sakke volgemaak.

•HTS Middelburg se landsdieners daag ander skole uit om dieselfde te doen en op ’n gereelde basis by dié dammetjies te gaan skoonmaak, sodat dit weer ’n kuierlushof vir inwoners kan word.

•Die grootste gemors was onder die oorloopbruggie, waar sakgrawers elke week swartsakke gaan uitskud om te kyk vir waardevolle artikels.

 

 

 

 

 

Lees ook:

KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug

Vroue se pleidooi aan dogter: ‘Kontak ons dringend’

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button