News

Gesteelde motorfiets tussen bosse gekry!

Die motorfiets wat vanoggend in Lebombostraat (Aerorand) gesteel is, is pas onder bosse naby ’n myn gekry.

Mnr. Jonathan Horsford sê hulle het sy motorfiets sowat drie kilometer van die plek af gekry, waar hulle aanvanklik gedink het die diewe hom versteek het.
Hulle het ’n hommeltuig gebruik om uit die lug uit iets te probeer sien.

Sers. André Booyens (Middelburg Honde-eenheid) het by die soekende groep aangesluit en hy en die ander mense het begin spoorsny (daar is nie ’n hond gebruik nie).
Op die Keiskammastraat verlenging (op pad na die Vandyksdrifpad drierigtingstop) het sers. Booyens weer duidelike spore van drie mense gesien.

Lees ook: Motorfietsdiewe weet presies wat om te doen

Die spore het hom gelei na die motorfiets wat diep die veld in, onder bosse, versteek is.

Mnr. Horsford sê die spore was vars en die vermoede bestaan dat die diewe agtergekom het dat daar gesoek word na die motorfiets, waarna hulle dit van hul oorspronklike plek af na dié bosse geskuif het.

•Hy het sers. Booyens, asook elke ander persoon wat hom gehelp soek het, bedank.

•Buiten ’n paar skrapies, is daar nie erge skade aan die motorfiets nie.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nagwedloop by CR Swart

Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek 

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie

Stoffbergpad eis nog ‘n lewe

 

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button