VIDEO: Daar is hoop met so Lily
Daar is hoop vir Suid-Afrika. Daardie hoop se naam is Lily, Lily Mtsweni.
Dié skrander leerling van Laerskool Staatspresident C.R. Swart het tydens ’n onderhoud alle voorbehoude en persepsies bloedneus gegee.
In die hoof, mnr. Pieter Fouché, se kantoor het sy met die selfvertroue van ’n gesoute politikus en die sjarme van ’n skoonheidskoningin ’n onderhoud gevoer.
Lily Mtsweni? Dan moet dit in suiwer Engels wees? Nee! Suiwer Afrikaans!
Geen wonder sy is aangewys as die wenner van die ATKV-Redenaars se eindronde vir Laerskool Graad 6 – 7, Addisionele Taal.
Ander nuus:
Familietwis kom tot uitbarsting
Bestuurder van Scirocco kom na vore
Jong man sterf tien dae na ongeluk
Puma afrigter sê borge wat nie verpligtinge nakom nie is ‘lafaards’
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
