Het kinders ringe gesteel?
Nadat ’n vrou se ringe by ’n vakansieplek in Middelburg gesteel is, het sy selfs by ’n Nigeriër gaan aanklop vir hulp.
Me. Anna van Dyk bied ’n R5 000 beloning aan vir enige persoon wat haar ringe kan terugbesorg.
“Ek sal nie vrae vra of ’n saak maak nie, ek wil net my ringe terughê. Dit het baie sentimentele waarde.”
Die egpaar was vir die naweek in die Middelburg omgewing by ’n vakansieplek (sy wil nie hul naam blootstel nie).
Op ’n stadium het sy gesien jong kinders naby hul voertuig verbyloop, maar nie regtig opgelet nie.
Lees ook: Nie eers die ouetehuis is veilig nie
Later het sy gesien hoe twee van die kinders, wat so tussen 10 en 11 jaar oud was, bly omkyk. Die dogtertjie het gesê: “we did not take anything.”
Me. Van Dyk sê hulle het met ’n karavaan gekamp en sy het juis die ringe in ’n swart sakkie bo in haar handsak in die kar gelos vir veiligheidsredes.
Toe sy later haar handsak oopmaak, was die sakkie nog daar, maar die ringe is uitgehaal. Sy sê daar is géén manier dat die ringe uitgeval het nie.

As sy terugdink, onthou sy dat ’n man met ’n voertuig ’n entjie van hulle af gestop het. Die kinders was in hulle omgewing en, nadat die kinders verbygestap het, het hy met die groep kinders vinnig verby gery. Al die kinders was agterop die bakkie.
Hulle weet nie hoe die dief toegang tot die handsak in die kar gekry het nie. Hulle vermoed dat die afstandbeheerder-truuk, waar ’n afstandbeheer ingehou word en jou kar nie sluit wanneer jy die sentrale sluitstelsel druk nie, gebruik is.
Lees ook: Vroue se handsakke in nag by gewilde oord gesteel
Na die diefstal het me. Van Dyk na al die pandjieswinkels in Middelburg gery, asook ander winkels en juwelierswinkels in Middelburg en eMalahleni wat juwele aankoop.
Intussen het sy ’n Nigeriër se nommer gekry, wat vir haar na die Iraq Taxistaanplek gery en rondgevra het oor haar ringe. Hy kon egter geen positiewe inligting kry nie.
Haar hart is baie seer oor die ringe, aangesien die een stel haar trouringe is. Die ander ring het haar man vir haar gekoop met hul 31ste huweliksherdenking.
Die een ring het vier pienk saffiere in die middelste band, twee aan elke kant. Die ander ring het ’n ametis pers steen in, met diamantjies. Beide ringe is witgoud.
As enige persoon moontlik die ringe kan terugbesorg, bel me. Van Dyk by 081 552 3398.
Ander nuus:
Koeie wreed doodgetrap na veediewe hulle saam op waentjie druk
Ouetehuis besoeker was uit op parool
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
