Kaskar-Kyalami by Laerskool Middelburg
Ons hoop maar die verkeersdepeartement is reg vir die volgende generasie motoriste.

Want die jong spoedkoppies by Laerskool Middelburg het ‘n swaar voet!
Die sportvelde by Laerskool Middelburg is omskep in ‘n renbaan vir kaskarwedrenne waaraan die skoliere kon deelneem.
Die jong gesiggies het behoorlik gestraal van vreugde en daar is ‘n paar sterk bene wat hard kan stoot.
Koedoe-oortjies en Spoortjies het ook op hulle swart stootfietsies stof opgeskop.
Daar was wel ‘n paar botsings, maar genadiglik, is niemand te ernstig beseer nie.
Pasop rooi verkeerslig!
•Na die dag se harde werk en lekker lag, kon die kinders heerlike happies en ysies geniet by die graad-sewes se entrepreneursdag.
Loer gerus na van ons foto’s.

