News

Daar is steeds lewe in stoute ou Puma se lyf

Sal die heel eerste toneelstuk wat ek ooit gesien het nooit vergeet nie.

As ’n jong kind van ses, het ek en my jonger boetie Peter Pan gaan kyk. ’n Lewendige optrede deur die akteurs van die Kadoma Dramaklub in Zimbabwe. My ma het die musiekbegeleiding gedoen.
Kan die skok onthou toe Captain Hook skerpioene in die wynvat gegooi het, waarin ’n seerower gedruk was, hoe swieties van die verhoog af na die kinders gegooi is.

Die teater is ’n plek van magic, en elke kind verdien om dit een keer in sy lewe te beleef.

Maar tog voel dit in vandag se tyd, asof die teater, net soos ’n goeie boek, deur die moderne lewe uitgestoot word.

Die vertolking van Puma en Ma is soos skadu uit die verlede, ’n spook uit die goeie ou dae… toe die lewe eenvoudig was. Puma en Ma was vir elke kind ook soos magic. ’n Stoute en lui Puma wat nie wil lees nie, en daarom is hy net te simpel om basiese takies reg te kry.

Die kleuters het geskaterlag toe hy skoenpolitoer op sy broodjie smeer – Puma jou stoepit!
Hulle het in opgewondenheid geklik by ma oor hoe ongehoorsaam hy was!

Maar deur al die lawwigheid en pret is ’n boodskap aan hulle oorgedra: Dit is belangrik om te lees.

Talle briefies is aan die Middelburg Observer gestuur, deur die jong aanhangers, oor hoe lekker die Puma en Ma- vertoning was en hoe pligsgetrou hulle nou die koerant lees.

Kleuterskool Gansiekeur se maatjies, het die Middelburg Observer Vrydag kom besoek en daar is in Puma se ou lyf weer lewe geblaas!

Daar is opgewonde gewag vir die stoute Puma, wat net wil visvang en nie wil lees nie, daar is met groot verontwaardiging gegil wanneer hy die koerant onderstebo lees, konfyt op sy skoene smeer en sy klere met tandepasta borsel.

Toe Ma uiteindelik tot sy redding kom, het hy plegtig belowe om minder te hengel en meer te lees.

Skole wat die tien minute leesprojek wil meemaak kan Sjani bel by 013 243 1434.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button