News

Weeberstraat inwoners ‘spoel weg’ na watermeters afgesteel word

Terwyl Suid Afrika in angs hoop op 'n goeie reënseisoen om dalende damvlakke te verlig, ervaar die inwoners van Weeber- en Framestraat byna 'n sondevloed soos water by hulle voordeure instroom.

Dis die twede keer hierdie week, wat inwoners geplaag word deur misdadigers wat die watermeters op hulle erwe afbreek en daarmee verdwyn, om net ‘n straal spuitende water agter te laat.

Een van die inwoners in Weeberstraat, wat anoniem wil bly, laat weet dat hulle vanoogend 05:00 in kennis gestel is deur hulle sekuriteitsmaatskappy, dat hulle elektriese heining foutief was. Hy vermoed dit het gebeur terwyl diewe hul watermeters afgebreek het, en dat die straal water wat in die lug opskiet, ’n kortsluiting op die draad veroorsaak het.

Die gesteelde watermeter is op hul buurman se eiendom. Sy grond is tans in die mark en die eiendom staan leeg.

Hulle het hulle buurman in kennis gestel, wie toe die munisipaliteit in kennis gestel het. Terwyl hulle wag vir iemand om die water af te sny, vloei dit vir die laaste vyf ure by hul erf in.

Die inwoner vertel dat dit nie die eerste keer is dat ‘n watermeter in hulle straat gesteel is nie. Hy het ’n ander eiendom in Framestraat uitgewys waar boewe oor die naweek ook ‘n meter gesteel het.
Die sentrale area word gereeld deur misdadigers geteiken, en watermeters verdwyn al vir maande lank tussen Groenkol en Mineralia.

“Ek sal nie verbaas wees as hierdie water so spuit tot more toe nie,” het die inwoner gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button