Nefdt en Gerrit du Toit saam met Geminah Skosana en Letty Mabena. FOTO: Verskaf
Alzu het tydens sy jaarlikse Pensioenarisdag hulde gebring aan die ouer generasie wat ’n belangrike deel van die Alzu-gemeenskap vorm.
Inwoners van Alzu se plase op Kwaggafontein en Wonderfontein is na die geleentheid genooi, asook voormalige inwoners wat weens mynboubedrywighede na Rockdale verskuif is.
Baie van die gaste het destyds saam met oom Zulu du Toit op die plaas begin werk. Hulle is reeds afgetree, terwyl hulle kinders en kleinkinders vandag steeds by Alzu werk.
Pastoor Martha Mabuza, Piet du Toit, Gerrit du Toit, Jannete Mnisi, Robert du Toit, pastoor Joel Madihlaba, Nefdt du Toit, Lena-Mari Fourie en Bheko Semalani. FOTO: Verskaf
Ndebele-erfenis is ’n belangrike deel van die gemeenskap se identiteit. Gaste is met Ndebele-danse vermaak deur Alzu se kleuterskool, Alzu se seuns en dogters, en die Beestepan Hoërskool se dansgroep. Spesiale erkenning is aan hoofman Lemmy Mahlangu en hoofman Lucky Mabena gegee. Hulle het die verrigtinge as eregaste bygewoon.
Pastoor Martha Mabuza en Piet du Toit. FOTO: Verskaf
Pastoor Martha Mabuza het die geleentheid met ’n kragtige Christelike boodskap geseën. Sarah Jiyane, wat self by Alzu grootgeword het, het die ouer generasie bedank vir die rol wat hulle in die opvoeding van die jeug gespeel het.
Die dag is gevul met sang, dans en samesyn, en is met ’n heerlike tradisionele maaltyd afgesluit.
Stamhoof Lemmy Mahlangu en Piet du Toit. FOTO: VerskafGerrit du Toit, Robert du Toit, Nefdt du Toit en Piet du Toit. FOTO: VerskafBheki Semalani en Veronica Madihlaba. FOTO: VerskafGerrit en Robert du Toit saam met William Mohlongo. FOTO: VerskafStamhoof Lucky Mabena en Piet du Toit. FOTO: VerskafEsther Sikhosana en Nefdt du Toit. FOTO: VerskafSarah Jiyane Chirwa, wat op die plaas grootgeword het en vir Alzu werk, saam met Piet du Toit. FOTO: VerskafHeerlike tradisionele kos is voorgesit. FOTO: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.