News

Huishulp betrap rowers op heterdaad in Middelburg

’n Huishulp het drie rowers het vanoggend kort voor 12:00 in ’n huis in Japonicastraat (Kanonkop) betrap, waarna hulle wapens in haar rigting geswaai en weggejaag het.

Daar is eers op noodgroepe gesê dat die rowers weggekom het in ’n wit BMW, maar later is die regte inligting deurgegee en gemeld dat dit ’n donkerblou BMW sonder nommerplate was.

Mnr. Ivan Victor, wat die eienaar van die huis is, sê die huurders van die huis was by die werk.

Lees ook: Taakspan moet baie inbrake ondersoek

Hy verhuur ook ’n ander huis in die straat en die huishulp het gehoor dat die alarm by die huis hoër op aanmekaar skree. Sy het gestap na die huis om te gaan kyk wat aangaan.

Mnr. Victor sê die huishulp het die drie rowers, waarvan twee balaklawas gedra het, op heterdaad in die huis betrap.

Hulle het wapens op haar gerig en gesê dat hulle gaan skiet as sy skree. Sy het egter aanmekaar begin gil en ’n tuinier, wat in die omgewing gewerk het, het aangehardloop gekom.

Lees ook: Vrou gewelddadig in Middelburg aangeval

Die rowers het in die blou BMW gespring en weggejaag.

Mnr. Victor het gemeld dat die booswigte weg gekom het met ’n grootskerm televisie en ’n rekenaarboks. Hulle het reeds talle ander huisware en ’n rekenaarskerm in ’n wasgoedmandjie gepak, wat hulle wou buit. Dit is in die huis gevind.

Die rowers het al die kaste se inhoud uitgegooi en bestaan die vermoede dat hulle na die twee voertuie, wat op die perseel gestaan het, se sleutels gesoek het.

Hulle het toegang tot die eiendom gekry deur die hek oop te forseer en die voordeur oop te breek. Mnr. Victor sê die deur kon moontlik met ’n koevoet oopgebreek geword het.

•Buiten skok, het die huishulp gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.

•Me. Whelma du Toit, wat net ’n blok vanaf Japonicastraat in Eikestraat bly, is vyf weke gelede by haar agterdeur deur rowers voorgelê, oor die kop geslaan en met pepersproei in die oë gespuit. Sy is in haar kombuis vasgemaak, terwyl die rowers die huis deursoek het vir waardevolle artikels.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button