News

Nuwe paadjie na inwoners vra

Daar word 'n splinternuwe voetpaadjie tussen Kanonkop en Dennesig gebou, terwyl daar ook toekomstige planne is om die twee bestaande voetpaadjies, een na Hoërskool Kanonkop en die ander by die bruggie oor die spruit, oor te plavei.

Wyksraadslid, Johann Dyason, het Dinsdag gesê dat die twee bestaande voetpaadjies, soos die nuwe een wat gebou word, deur die publiek aangevra is en derhalwe op die geïntegreerde ontwikkelingsplan van die munisipaliteit geplaas is.

Die nuwe voetpaadjie is op die huidige boekjaar se plan terwyl geld vir die ander voor begroot moet word.

Volgens me. Prudence Magutle, van die Steve Tshwete Munisipaliteit, word die gemeenskap se versoeke in ag geneem en daarom is dit belangrik vir inwoners om wyksvergaderings by te woon, sodat openbare versoeke en behoeftes van die verskillende gemeenskappe aan die munisipaliteit oorgedra kan word.

Raadslede is die skakel tussen die gemeenskap en die munisipaliteit en die geïntegreerde ontwikkelingsplan word jaarliks aangepas.
Die nuwe voetpaadjie gaan die munisipaliteit R2000 uit die sak jaag en bouwerk is amper voltooi.

Dit strek van Sipres-, skuins oor die veld tot waar dit by Njalastraat aansluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button